On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Hulp gesoek ná arm in veld gevind is

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:42 Thu, 15 Jan 2026

Hulp gesoek ná arm in veld gevind is | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Oos-Vrystaatse polisie vra die publiek se hulp nadat ’n voetganger op ’n arm afgekom het.

Beamptes van die misdaadvoorkomingseenheid verbonde aan Namahadi in Phuthaditjhaba se eenheid vir sigbare polisiëring het Dinsdag (13/1) omstreeks 15:00 op ’n wenk gereageer. ’n Verbyganger het beamptes na ’n oop veld in die Thaba Bosiu-gebied geneem waar afgekom is op wat gelyk het na menslike oorskot. 

Ná die vonds het die polisie, bygestaan deur plaaslike vrywilligers, nabygeleë bosse en die veld gefynkam, maar geen ander liggaamsdele is gevind nie, sê sers. Mahlomola Kareli, polisiwoordvoerder.

Foto: Argief

“Voorlopige ondersoeke bevestig die oorskot is ’n ontbindende linkerarm wat onder die elmboog afgesit is.”

Die polisie vra enigeen met inligting oor ’n misdaad in dié omgewing of wat iemand vermis, moet die speurder lt.kol. Molahlehi Mokoena van die Namahadi-polisiekantoor by 082 567 5243 nader of bel Stop Misdaad by 08600 10111.

Kopbeserings en kneusplekke

In ’n ander grusame ontdekking vra Bloemspruit se polisie inwoners se hulp om ’n man te identifiseer wie se liggaam Donderdag (8/1) in ’n oop veld naby Meadowsweg in die Martindale-gebied van Bloemfontein gevind is.

Beamptes het op ’n gemeenskapswenk gereageer en ’n onbekende swart man, vermoedelik in sy 30’s, met sy gesig na onder aangetref. Die slagoffer het veelvuldige kopbeserings en sigbare sambok-kneusplekke opgedoen, wat op ’n gewelddadige aanranding dui.

Onbekende motief

Voertuigspore is op die toneel gekry en die motief bly onbekend. Ten tyde van die ontdekking het die oorledene slegs ’n swart broek en geen skoene aangehad nie.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand wat inligting het wat kan lei tot die identifisering van die slagoffer of verdagtes om lt.kol. Rankhala David Ramasoala, ondersoekbeampte, by 082 527 7390 te nader.

Alternatiewelik, skakel bel Stop Misdaad by 08600 10111 of deel ’n anonieme wenk met die MySAPS-app.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.