On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Oorsaak van brand by Hoërskool Augrabies nog onbekend

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:26 Sat, 17 Jan 2026

Oorsaak van brand by Hoërskool Augrabies nog onbekend | News Article
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie. Foto verskaf

Die Noord-Kaapse skool is erg in die brand beskadig.

Voorlopige assesserings toon nege klaskamers en die administrasieblok is heeltemal verwoes. Noodsaaklike kantoortoerusting en belangrike skoolrekords is ook vernietig. Niemand is in die brand beseer nie.

“Die verwoestende brand het Vrydag (16/1) tussen 15:00 en 16:00 by die Hoërskool Augrabies in die dorp uitgebreek,” sê Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys.

Die brand het groot skade aangerig. Foto verskaf

“Die skoolhoof het ’n saak van brandstigting by die polisie aanhangig gemaak. Die polisie doen ’n beroep op die publiek vir enige inligting wat kan help met die ondersoek.” 

Van der Merwe sê ondersteuning sal gebied  word om die leerders se onderrig so min as moontlik te ontwrig. “Ons Infrastruktuur-eenheid sal na die skool gestuur word om ’n formele assessering te doen. Ons is daartoe verbind om met die skool saam te werk sodat bedrywighede so gou as moontlik kan hervat.”

Kantoortoerusting en skoolrekords is in die brand verwoes. Foto verskaf

Die departement sê hierdie voorval beklemtoon die belangrikheid van skoolveiligheid en voorkomende maatreëls. Owerhede sal voortgaan om die ondersoek te monitor en die nodige stappe doen om soortgelyke voorvalle te voorkom. 

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.