On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Chubby Chick-skieter eerste keer in Potchefstroom-hof ná voorval

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:13 Fri, 30 Jan 2026

Chubby Chick-skieter eerste keer in Potchefstroom-hof ná voorval | News Article
Robert Joubert is gewond toe veiligheidswagte op hom geskiet het. Foto: X

Die man wat na bewering verantwoordelik is vir die dood van twee broers in ’n hoenderfabriek in Potchefstroom, het Vrydag (30/1) vir die eerste keer sedert die voorval in die hof verskyn.

Robert Joubert (73), wat tydens die voorval in die linkerarm geskiet is, is sedert die skietery onder polisiebewaking in die hospitaal. Hy is Vrydag ontslaan nadat hy byna drie maande mediese behandeling ontvang het.

Joubert sal na verwagting weer op 25 Februarie in die hof voorkom wanneer die saak na die distrikshof in Potchefstroom oorgeplaas sal word, sê kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder.

Noordwes-broers se skieter weer volgende jaar in hof | News Article

Johnathan en Deon Fourie. Foto's: Facebook

Hy staan tereg op aanklagte van voorbedagte moord in verband met die dood van Deon (55) en Johnathan (52) Fourie wat op 10 November verlede jaar noodlottig geskiet is. Joubert het na bewering op die broers losgebrand ná ’n vergadering oor ’n eiendomstransaksie.

Joubert staan ook tereg op twee aanklagte van poging tot moord. Die identiteit van die ander mense wat hy na bewering geskiet het, is nog nie bekend nie.

Luidens ’n verklaring het Joubert die perseel ná die vergadering verlaat, maar ongeveer ’n halfuur later teruggekeer. Hy het toe na bewerings op die broers begin skiet in die raadsaal van die Chubby Chick-perseel in Potchefstroom.

Ander broer sterf ook ná skietvoorval by Chubby Chick | News Article

Deon (links) en Johnathan Fourie saam met hul pa, John. Foto verskaf

Veiligheidswagte het kort daarna opgedaag, wat gelei het tot ’n skietery waartydens Joubert gewond is.

Die broers is minder as ’n maand uitmekaar oorlede. Jonathan is op die toneel oorlede, terwyl Deon op 14 Desember aan komplikasies in die hospitaal beswyk het.

Die Fourie-broers was albei direkteurs van die plaaslike hoenderonderneming.

Volgens Myburgh sal Joubert steeds buitepasiëntbehandeling in die Potchefstroom- provinsiale hospitaal ontvang vir beserings wat nog nie ten volle genees het nie. Hy bly in aanhouding.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427

OFM Nuus/Charne van der Merwe cvs

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.