On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Bestuurder van Vrystaatse kragplaas in hof vir bedrog

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:00 Wed, 04 Feb 2026

Bestuurder van Vrystaatse kragplaas in hof vir bedrog | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Die bestuurder van ’n Goudveldse sonkragaanleg kom na verwagting Woensdag (4/2) in die hof voor vir bedrog.

Die 26-jarige se oortreding het Maandag (2/2) aan die lig gekom toe die Valke se enstigekorrupsieondersoekeenheid ’n ondersoek na korrupsie by die aanleg op Virginia uitgevoer. Hy is in Welkom aangekeer.

Die ondersoekspan het op 29 Januarie inligting ontvang oor beweerde korrupsie waarby die bestuurder van die Bloemhoedskraal-sonkragaanleg na bewering betrokke is, sê ao. Fikiswa Matoti, provinsiale polisiewoordvoerder.

Verdagte dreig glo kontrakteur

“Die verdagte het na bewering maandelikse kontantbetalings van R10 000 oor ’n tydperk van vier maande van ’n subkontrakteur afgepers.”

Volgens Matoti het die verdagte na bewering gedreig om die kontrakteur se masjinerie van die terrein te verwyder as die betalings nie gemaak word nie. Altesaam R50 000 is na bewering afgepers.

“Verdere voorlopige ondersoeke deur die projekbestuurder het bykomende beweerde slagoffers aan die lig gebring wat na bewering aan soortgelyke afpersingstaktieke onderwerp is. Ondersoekers het ook vasgestel dat die verdagte onlangs ’n tweedehandse voertuig vir R130 000 kontant gekoop het.”

Springbok-sonkragaanleg. Photo: solagroup

Die saak is na die ondersoekeenheid in Welkom verwys, en ’n geheime operasie ingevolge Artikel 252A van die Strafproseswet is Vrydag (30/1) deur die direkteur van openbare Vervolging (DOV) gemagtig.

Tydens die inhegtenisneming het die polisie twee Samsung-selfone en R10 000 kontant gekry.

Die verdagte sal in die Virginia-landdroshof verskyn.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe  mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.