On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Verhoor begin ná driedubbele moord in Wilgehof

───   ZENANDE MPAME 11:44 Wed, 11 Feb 2026

Verhoor begin ná driedubbele moord in Wilgehof | News Article
Mpheng Ntsoeu (29) en Katlego Moroe (25) se verhoor begin in die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Zenande Mpame

Die verhoor van die twee beskuldigdes in die moorde op ’n familie van Wilgehof begin Woensdag (11/2) in die hooggeregshof in Bloemfontein.

Mpheng Ntsoeu (29) en Katlego Moroe (25) se verhoor moes Maandag begin het, maar dis uitgestel weens onsamehangende opdragte aan hul regsverteenwoordigers. Hulle staan tereg op drie aanklagte van moord, een van roof en twee van geldwassery.

Die liggame van Betsie Kruger (66), haar dogter Janine (35) en skoonseun (36) is op Donderdag 29 Junie 2023 in die huis aangetref waar Kruger die Byenes-dagsorgsentrum bedryf het. Die drie slagoffers is vasgebind, aangerand, van verskeie items beroof en om die lewe gebring. 

Kruger sowat 60 kleuters in haar sorg gehad. Ntsoeu was ’n werknemer van die sentrum, maar is blykbaar ontslaan vir die beweerde misbruik van een van die kinders in die sentrum. 

Rekords van selfoontorings het die twee met die moorde verbind en geld is uit die oorledenes se bankrekeninge oorgeplaas.

Antoinette Coetser, ’n ondersoeker van Mike Bolhuis se spesialissekerheidsdienste het voorheen aan OFM Nuus gesê die motief vir die moorde was oënskynlik geldelike gewin. Die moordenaars het wreed te werk gegaan om na bewering geld en waardevolle items te bekom.

’n Ontleding van Ntsoeu se bankrekening toon ’n oorbetaling van R77 900, terwyl R69 480 in Moroe se rekening gedeponeer is. Die staat voer aan albei bedrae is oorbetaal die aand voor die slagoffers se liggame gevind is.

Op Woensdag 23 Junie 2023 het werknemers van die sentrum WhatsApps gekry van Janine se foon af om hulle in kennis te stel om nie die volgende dag werk toe te kom nie. Ouers is versoek om nie hul kinders daarheen te bring nie omdat dit gesluit sou wees.

Ntsoeu en Moroe is op Vrydag 30 Augustus 2024 by hul woonplek in die nedersetting JB Mafora in hegtenis geneem. Hulle bly sedertdien in polisieaanhouding.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuuslyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.