On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Ashmund
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Beplande moord: Boervrou se verhoor begin dan

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 23:36 Thu, 19 Feb 2026

Beplande moord: Boervrou se verhoor begin dan | News Article
Anelle de Bruin. Foto: X

Die verhoor van ’n boervrou van Aliwal-Noord wat na bewering haar man se moord beplan het, begin in Junie.

’n Emosionele Anelle de Bruin het Donderdag (20/2) in streekhof op dié Noordoos-Kaapse dorp voorgekom. Die hofverrigtinge is ure lank vertraag omdat die klagstaat aanvanklik weg was, waarna die saak uitgestel is vir ’n tweedaagse verhoor op 29 en 30 Junie.

Sy staan tereg op ’n aanklag van sameswering om haar man, Johan (56), van die plaas Rietpoort, te vermoor. Die beweerde voorval wat soos ’n plaasaanval sou lyk, sou glo op 8 Januarie verlede jaar plaasgevind het.

“Die staat het uiteindelik die dossier met die nodige inligting bekendgemaak,” sê adv. Allen Simpson, haar regsverteenwoordiger. Sy het op 24 November saam met 'n nuwe regspan in die hof verskyn nadat sy die mandaat van haar vorige prokureurs beëindig het. Hy is toe aangestel.

Johan en Annelle de Bruin. Foto: Facebook

Die polisie het op ’n wenk gereageer en De Bruin die volgende dag in hegtenis geneem. Sy is aanvanklik borgtog van R2 000 toegestaan nadat sy nege dae in aanhouding was.

As deel van haar borgtogvoorwaardes is De Bruin verbied om na die plaas terug te keer en mag sy haar kinders slegs onder toesig sien.

Simpson sê De Bruin se weergawe van die gebeure is nog nie voor die hof aangebied nie en kan ’n beduidende invloed op die uitslag van die saak hê. “In hierdie stadium verteenwoordig die inligting voor die hof slegs een kant van die saak.”

Hy beweer die staat se sleutelgetuie, Jan (Wolf) van Schalkwyk, het sonder formele magtiging opgetree. “Dit kom neer op ’n onregmatige uitlokking,” sê Simpson. De Bruin en Johan is sedertdien die voorval geskei.

 Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuuslyn: 066 487 1427.

 OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.