On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Voormalige Vrystaatse landdros ná ses maande in hof nadat hy probeer vlug

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:49 Mon, 23 Feb 2026

Voormalige Vrystaatse landdros ná ses maande in hof nadat hy probeer vlug | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Lerata Shadrack Mashee (50) het Maandag (23/2) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Hy staan onder meer tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery en om sonder die magtiging om regsdienste te lewer. Hy word daarvan verdink dat hy bedrieglike eiendomstransaksies ter waarde van honderdduisende rande georkestreer het en was sedert September op vrye voet.

Mashee, ’n advokaat wat voorheen as landdros in dieselfde landdroshof gedien het, is Sondag (22/2) in Botshabelo vasgekeer deur lede van die Valke, die taktiesereaksie-span en misdaadintelligensie waar hy na bewering weggekruip het, sê lt.kol. Zweli Mohobeleli, Valke-woordvoerder.

Regter Portia Phahlane. Foto: Judges Matter

“Die beskuldigde het na bewering tussen 2019 en 2022 in samewerking met eiendomsagente, onder wie Teboho Samuel Taso, sowel as moontlik onbekende of fiktiewe verkopers, gewerk en huise wat nie op die mark was nie, aan niksvermoedende kopers verkoop. Hy het as die beweerde oordragbesorger in die transaksies opgetree

“Slagoffers het altesaam R890 000 in die beskuldigdes se bankrekeninge gedeponeer ná advertensies van huise te koop in ’n plaaslike koerant verskyn het. Mashee het as die beweerde oordragbesorger in die transaksies opgetree.”

Slagoffers het agterdogtig geraak toe lang tydperke verloop het sonder dat hulle hul eiendomme in besit kom neem. “Later is vasgestel die beskuldigde was nie gemagtig of gesertifiseer om as ’n oordragbesorger op te tree nie.”

Aanvaarding van omkoopgeld

Nog ’n lid van die regstelsel kan moontlik skuldig bevind word nadat sy op spesiale verlof geplaas is hangende die uitslag van ’n saak teen haar.

Regter Portia Phahlane is op 25 November in hegtenis geneem vir die beweerde aanvaarding van omkoopgeld van sowat R2 miljoen wat verband hou met die regstryd oor opvolging binne die Internasionale Pentecostal Holiness Church.

Sy het tot 6 Maart Vrydag om voorleggings aan die regterlike gedragskomitee te maak, wat sal bepaal of daar prima facie-bewyse van oortreding aan haar kant is.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.