On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Chubby Chick-beskuldigde moontlik vir waarneming gestuur

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:36 Wed, 25 Feb 2026

Chubby Chick-beskuldigde moontlik vir waarneming gestuur | News Article
Robert Joubert is gewond toe veiligheidswagte op hom geskiet het. Foto: X

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy twee broers van Noordwes doodgeskiet het, gaan moontlik vir sielkundige waarneming verwys word.

Robert Joubert (73) het Woensdag (25/2) in die Potchefstroomse streekhof verskyn. Hy staan tereg op twee aanklagte van moord met voorbedagte rade vir die dood van die broers Deon en Johnathan Fourie en twee aanklagte van poging tot moord, sê kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder.

Hy sal na verwagting weer op 23 Maart in die hof verskyn. Volgens Myburgh het Joubert se regsverteenwoordiger die hof Woensdag in kennis gestel ’n kliniese sielkundige het Joubert op 20 Februarie geassesseer.

“Die verslag sal gebruik word om aansoek te doen om Joubert vir sielkundige waarneming te verwys.”Chubby Chick-skieter: Twee aanklagte  van moord by klagstaat gevoeg | News Article

Deon en Johnathan Fourie saam met hul pa, John. Foto verskaf

Die twee broers was direkteure van Chubby Chick in Potchefstroom. Hulle het die onderneming by hul pa, John Fourie, oorgeneem nadat hy in 2023, toe besturende direkteur van die hoenderonderneming, oorlede is.

Die skietvoorval het op 10 November plaasgevind ná wat glo ’n vergadering oor ’n eiendomstransaksie was. Die twee oorledenes het daardie dag met Joubert vergader.

Volgens die maatskappy het Joubert die perseel aanvanklik ná die vergadering verlaat, maar ná sowat ’n halfuur teruggekeer. Hy het die raadsaal binnegegaan en glo op Deon geskiet en hom ernstig gewond.

Deon het om hulp geroep, waarna Johnathan na die raadsaal gehardloop het. Daar is hy noodlottig gewond en op die toneel dood. Joubert is ook tydens die voorval gewond toe veiligheidswagte op hom geskiet het.

Broers-aanval: Noordwester dán weer voor hof | News Article

Johnathan Fourie en sy vrou, Nadine. Foto: Facebook

Deon is na ’n hospitaal in Gauteng oorgeplaas, waar hy in die intensiewesorgeenheid behandeling ondergaan het. Dit het verskeie prosedures en dialise ingesluit terwyl sy toestand fyn dopgehou is.

Hy het egter op 14 Desember aan komplikasies weens sy skietwonde gesterf; daarom staan Joubert nou tereg op twee aanklagte van moord.

Hofverrigtinge is meermale uitgestel sodat Joubert genoegsaam kan herstel om voor te kom. Hy was langer as ’n maand ná die voorval onder polisiebewaking in die provinsiale hospitaal.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.