On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse vrou byna 10 dae vermis

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:28 Sun, 01 Mar 2026

Noord-Kaapse vrou byna 10 dae vermis | News Article
Charlotte von Wielligh van Upington. Foto: SAPD

Daar is steeds geen spoor van die vermiste vrou van Upington nie.

Die polisie vra die publiek se hulp om Charlotte von Wielligh (43) op te spoor. Sy is laas op Saterdag 21 Februarie gesien.

“Charlotte het van Upington na Daniëlskuil gereis. Sy het klere ingepak voordat sy in haar wit Mazda vertrek het,” sê ao. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.

Haar motor se registrasienommer is CLT 536 NC. Volgens die polisie het haar familie kort daarna kontak met haar verloor. Haar selfoon bly onbeantwoord en alle pogings om haar op te spoor is tot dusver onsuksesvol.

 Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte by 082 495 4615 of 054 337 3400 bel of Stop Misdaad by 08600 10111.  Anonieme wenke kan ook via ’n slimfoon na die MySAPS-app gestuur word .Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Geen wagtydperk

Daar is geen wagtydperk om ’n persoon as vermis aan te meld nie.Vroeë aanmelding verbeter die kanse op ’n suksesvolle uitkoms. 

  • Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik.
  • Gee ’n volledige beskrywing van waar die vermiste persoon woon, die klere wat hy/sy aan gehad het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  •  Vul die polisie se 55(A)-vorm in en onderteken dit. Hierdie vorm beskerm die polisie teen gekskeerdery en magtig hulle om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar word direk aan hom of haar.
  • As ’n vermiste persoon gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. Die polisie se 92-vorm moet ingevul word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel sodat die vermiste persoon se geval uit die verspreidingstelsel gehaal kan word.

 * Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn:066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.