On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Bespaar so brandstof

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:35 Tue, 03 Mar 2026

Bespaar so brandstof | News Article
Beplan jou roetes om brandstof te bespaar. Foto ter illustrasie, iStock

Met dié dat petrolpryse weer skerp kan styg, voel Suid-Afrikaanse motoriste die knyp.

Hoewel ons nie die prys by die pomp kan beheer nie, kan ’n mens op talle vindingryke maniere beter met dié duur kommoditeit te werk gaan. Woensdag (4/3) sal petrolpryse met 20c/L styg. 

Diesel sal tussen 62c en 65c/L styg, na gelang van die graad, 93-oktaan-petrol sal R20,19/L in die binneland kos en R19,40/L aan die kus. Die 500 ppm-diesel sal R18,53/L kos en 50 ppm-diesel sal tot R18,60/L styg.

Intussen sê die Sentrale Energiefonds Israel en Amerika se aanval op Iran het reeds ’n groot uitwerking op plaaslike brandstofpryse. Die onderverhaling op petrol in dié vroeë stadium van die maand is R1,30/L en op diesel R2,35/L.

Wenke om brandstof te bespaar  

  • Onderhou jou voertuig: Gereelde onderhoud hou jou motor doeltreffend aan die gang. ’n Swak onderhoude voertuig kan meer brandstof verbruik as verwag, aangesien verslegte onderdele of vuil filters die enjin harder laat werk. 
  • Kontroleer banddruk en -belyning: Pap bande verhoog rolweerstand, wat die enjin harder laat werk en meer brandstof verbruik. Om bande behoorlik opgepomp te hou kan brandstofdoeltreffendheid met ongeveer 3% verbeter. Verkeerd gespoorde of ongebalanseerde wiele plaas ook ekstra spanning op die enjin.
  •  Verminder luiering: Dit mors brandstof om jou motor te laat luier. As jy langer as 30 sekondes staan, is dit doeltreffender om die enjin af te skakel. Dit bespaar nie net brandstof nie, maar verminder ook onnodige uitlaatgasse.
  • Stop-en-ry bestuur: Gereelde versnelling en rem vreet brandstof. Beplan jou roetes om swaar verkeer te vermy, en ry stadig om enjinspanning te verminder. 
  • Lugversorging: Dit trek krag van die enjin, wat brandstofverbruik verhoog. Gebruik dit net wanneer nodig, en oorweeg natuurlike ventilasie waar moontlik om brandstof te bespaar.
  • Beplan jou roetes: Beplan jou dag om te weet waarheen jy moet gaan pleks van om ’n paar keer te ry. Koop byvoorbeeld kruideniersware en ry skool toe op een slag. 

Bronne: BusinessTech, Cartrack

* Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus dg

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.