On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Mediese sukses van kinders bedreig deur voedsel- en watertekorte

───   REFILWE BEKANE 13:00 Wed, 04 Mar 2026

Mediese sukses van kinders bedreig deur voedsel- en watertekorte | News Article
Tshidi Chabane-Xaba, bedrufshoof van die Smile-stigting, en Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid. Foto: Refilwe Bekane

Die Vrystaatse gesondheidsdepartement vra skenkings om pediatriese operasies in die Universitas- akademiese hospitaal te verseker midde-in voedsel- en watertekorte.

Die krisis word vererger deur swak infrastruktuur wat basiese higiëne in gedrang bring. Terwyl chirurge operasies uitvoer tydens Smile-week, noem mediese personeel die sukses van hierdie prosedures hang af van die sorg wat kinders ontvang nadat hulle die hospitaal verlaat het.

Dr. Rita Nathan, Universitas se hoof van kliniese dienste, sê voedsel- en watersekerheid is noodsaaklik vir genesing. Sonder skoon water is die risiko van ontsteking ná chirurgie aansienlik hoër, wat dikwels daartoe lei dat pasiënte opnuut opgeneem moet word.


“Dit verg baie meer water om ’n pot slappap as stywepap te maak,” sê Nathan. Sy sê dit lei tot mediese komplikasies en die mislukking van die operasie. 

Die departement ondersteun die projek deur nieregeringsorganisasies en die publiek te vra om bottelwater en voedsel aan gesinne te verskaf. 

Plaaslike ondernemings word ook aangemoedig om hande te vat met die hospitaal om volhoubare oplossings vir hierdie gesinne te vind.

Dr. Nikita Blake (links), Rita Nathan, Universitas se hoof van kliniese dienste, en Tshidi Chabane-Xaba, bedryfshoof van die Smile-stigting in die Universitas- akademiese hospitaal. Foto: Refilwe Bekane 

Mondli Mvambi, Vrystaatse gesondheidswoordvoerder, beklemtoon die konsekwente werk wat tydens Smile-week gedoen word. Gemeenskapsbetrokkenheid bly deurslaggewend om die jong pasiënte gesond te hou. “As mense saamstem, is dit alles moontlik,” sê hy.

Vennootskap met Smile-stigting

Die hospitaal se vennootskap met die Smile-stigting, wat spanne vir plastiese en rekonstruktiewe chirurge koördineer, duur voort. Die stigting wil selfs meer doen deur twee Smile-week- chirurgiese marathons te hou om die agterstand in pediatriese gevalle uit te wis.

Die departement en hospitaal se bestuurders dring nou by meer vennote aan om te help met die post-operatiewe behoeftes van hierdie gesinne om te verseker die werk van die chirurge word nie deur armoede ongedaan gemaak nie.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn:066 487 1427.

OFM Nuus/Refilwe Bekane sm


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.