On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Man vas ná hy glo sy vrou bedwelm, verkrag en afneem

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:04 Fri, 27 Mar 2026

Man vas ná hy glo sy vrou bedwelm, verkrag en afneem | News Article
Die twee verdagtes. Foto Verskaf

’n Gautengse man sou Vrydag (27/3) in die hof verskyn nadat hy na bewering vyf jaar lank pornografiese materiaal vervaardig het waar hy sy bedwelmde vrou verkrag.

Die verdagte (34) is Donderdag in hegtenis geneem. Foto’s en video’s het opgeduik van die seksuele mishandeling waar sy verdoof en bewusteloos voorkom, sê lt.kol. Amanda van Wyk, nasionale polisiewoordvoerder.

“By nadere ondersoek het forensiese kundiges ook op die toneel op die verdagte se elektroniese toestelle op verskeie beelde en video’s wat die seksuele mishandeling van kinders uitbeeld, afgekom.”

’n Man (48) van Germiston, ook op Gauteng se Oos-Rand, is intussen in hegtenis geneem vir soortgelyke misdrywe. Die twee verdagtes is aan mekaar bekend.

Seksuele misbruik van kinders

Van Wyk sê albei verdagtes is in hegtenis geneem op aanklagte van seksuele aanranding, besit van ongelisensieerde vuurwapens, en die besit, vervaardiging en verspreiding van materiaal oor seksuele misbruik van kinders.

Hulle is aangekeer nadat die eenheid wat elektroniese oortredings ondersoek (Seci) van die Nasionale Misdaadagentskap (NCA), ’n intelligensieverslag van die Britse hoë kommissaris in Kaapstad ontvang het oor ’n Suid-Afrikaner wat na bewering betrokke was by seksuele dade met slapende mense.

Die ondersoekspan het nasionale en provinsiale Seci-beamptes in Gauteng ingesluit, met bystand van die Amerikaanse ambassade se afdeling binnelandse veiligheid. Die polisie het ook op die tweede verdagte se elektroniese toestelle beslag gelê, tesame met twee ongelisensieerde vuurwapens in sy besit.

Die aanklagte sluit ook die oortreding van Artikel 16 van die Wet op Kubermisdaad in, wat handel oor die verspreiding van eksplisiete prente sonder die slagoffer se toestemming.

Van Wyk het sê ondersoeke en die forensiese ontleding van die verdagtes se toestelle duur voort.

Gisèle Pélicot is ’n Franse vrou wie se destydse man, Dominique Pélicot,  haar oor jare bewelm en dosyne ander mans genooi het om haar te verkrag terwyl sy bewusteloos was – oortredings wat byna ’n dekade lank aangehou het.

Gisèle Pélicot. Foto BBC

'n Franse paneel regters het die mans skuldig bevind aan verkragting. Die hof het Dominique tot ’n maksimum van 20 jaar tronkstraf gevonnis, terwyl baie van die ander mans vonnisse ontvang het wat wissel van ’n paar jaar tot meer as ’n dekade.

Die misdade het in 2020 aan die lig gekom toe die polisie ontstellende beelde en video's op Dominique se toestelle ontdek het.

OFM Nuus sm

 * Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn:066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.