On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes gesoek ná rooftogte in Vrystaat, Noord-Kaap

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:31 Fri, 17 Apr 2026

Verdagtes gesoek ná rooftogte in Vrystaat, Noord-Kaap | News Article
Dié verdagte word deur die polisie gesoek. Foto verskaf

Die polisie in die Vrystaat en Noord-Kaap soek na verdagtes in afsonderlike sake van roof en vermoedelike koperkabeldiefstal.

Beamptes van Bethlehem vra die publiek se hulp om iemand van belang op te spoor. Die verdagte kan moontlik help met ’n ondersoek ná ’n rooftog in Desember toe twee mans die slagoffer in Hoogstraat genader het, sê ao. Mmako Mophiring, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Die slagoffer is na bewering teen ’n muur vasgedruk, waarna een van die verdagtes sy sakke deursoek en kontant geneem het voordat albei hulle uit die voete gemaak het.”

Met die slagoffer se hulp is sketse saamgestel van die verdagtes wat kan help om hulle uit te ken. Enigiemand met inligting kan 073 704 9403 bel of Stop Misdaad by 08600 10111.

Die kabels is vermoedelik in Kimberley gesteel. Foto verskaf

Intussen het lede van die blitspatrollie in Kimberley in die vroeë oggendure van Vrydag (17/4) op inligting gereageer oor ’n wit Nissan NP200-bakkie, waarmee vermoedelik gesteelde koperkabels op die R367-roete na die Diamantstad vervoer is, sê brig. Mashay Gamieldien, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

“Die passasier het na die nabygeleë veld gevlug toe die voertuig stilhou. Die bestuurder is aangehou terwyl die polisie die bakkie deursoek het.”

Die verdagte bakkie. Foto verskaf

Beamptes het afgekom op ses rolle koperkabel ter waarde van sowat R100 000. Die bestuurder kon nie rekenskap daarvan gee nie, sê Gamaldien. Hy is in hegtenis geneem en ’n saak van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom is vir verdere ondersoek geopen.

Die polisie beklemtoon skade aan noodsaaklike infrastruktuur en diefstal van koperkabels hou steeds ernstige ekonomiese gevolge in en bly ’n prioriteit. 

Die publiek word aangemoedig om enige vermoedelike vandalisme of diefstal van infrastruktuur aan te meld deur Stop Misdaad by 08600 10111 te bel of wenke anoniem deur die MySAPS-app te stuur. 

OFM Nuus dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.