On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Groot dele van Bloemfontein sonder krag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:49 Sun, 19 Apr 2026

Groot dele van Bloemfontein sonder krag  | News Article
Groot dele van Bloemfontein is weer sonder krag. Foto: OFM Nuus

Die kragverskaffer Centlec bevestig groot dele is sonder krag weens die beplande onderbreking en ’n ander onbeplande kragonderbreking.

Verskeie inwoners in Bloemfontein het hul misnoeë op Facebook uitgespreek toe hulle Sondagoggend (19/4) wakker word en daar is geen elektrisiteit nie. Die geskeduleerde kragonderbreking by die Bayswater-verspreidingsentrum was reeds aan die gang, sê Tseliso Leba, Centlec-woordvoerder.

Centlec waarsku egter ongunstige weerstoestande kan veroorsaak die werk word nie binne die beplande tydsraamwerk afgehandel nie.


Terselfdertyd is ’n bykomende kragonderbreking by die Harvard-substasie (Noord 2-lyn) aangemeld wat groot dele in die Mangaung-metro raak.

Voorstede

Dit sluit in Brandwag, Tempe, Langenhovenpark, Heuwelsig, Dan Pienaar, Groenvlei, Woodland Hills, Noordhoek, Bayswater, Waverley, Douglas Valley, Bays Village, Arboretum, Rayton, Helicon Hoogte, Hillsboro, Hamilton-pompstasie, Navalpark, Naval Hill (mikrogolf en FM-toring), Westdene, New Market, Fischer-lughawe, Olive Hill, PRASA (Transnet) en Maselspoort. 

Leba sê tegnici is besig om die oorsaak van die fout te identifiseer om die probleem so gou as moontlik op te los. “Alle elektriese installasies moet in dié tydperk as gevaarlik beskou word, aangesien die kragtoevoer sonder enige waarskuwing herstel kan word.”

OFM Nuus/Charne van de Merwe dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.