On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Pastoor, vrou van Odendaalsrus skuldig ná dood van Leo die bulterriër

───   ZENANDE MPAME 15:12 Thu, 23 Apr 2026

Pastoor, vrou van Odendaalsrus skuldig ná dood van Leo die bulterriër | News Article
Pastoor Andries en Reinette Labuschagné van Odendaalsrus. Foto: Facebook

Die DBV op Virginia verwelkom die skuldigbevinding van die pastoor en sy vrou van Odendaalsrus wat die bulterriër Leo in 2024 noodlottig aangerand het.

Pastoor Andries en Reinette Labuschagné sal op Dinsdag 26 Mei gevonnis word. Hulle is in die landdroshof op Odendaalrus skuldig bevind aan moord, aanranding en seksuele misdaad teen ’n minderjarige.

Die organisasie sê dit is betekenisvolle vordering in die stryd teen dieremishandeling in Suid-Afrika.  Mike Bolhuis, private ondersoeker, beskryf die vonnis as ’n noemenswaardige mylpaal en hoop dit stuur ’n duidelike boodskap dat uiterste geweld teen diere nie geduld word nie.

Die saak dra nog meer gewig nadat bykomende aanklagte teen die pastoor in Oktober 2024 aan die lig gekom het. Die polisie het bewerings bevestig van die verkragting van ’n minderjarige, terwyl sy vrou daarvan aangekla is dat sy nagelaat het om die misbruik aan te meld.

“Die saak laat diep letsels of wonde in die gemeenskap en betrokkenes,” sê Ernest Khakhau, senior inspekteur van die DBV op Virginia. 

“Wreedheid teenoor diere is ’n ernstige misdaad en hierdie saak is ’n voorbeeld dat agter elke geval van dieremishandeling daar ook ander misdaad gepleeg word wat toegesmeer of nie aangemeld word nie.”


“Ek dink die uitspraak sal die erns van die saak beklemtoon en die regsimplikasies van dieremishandeling uitlig. Ons wil veral die lede van die gemeenskap aanmoedig om misdaad teen diere aan te meld.” 

Labuschagné was die opsigter van die woonstelle op ’n sakeperseel op die dorp waar Leo se eienaar, Tanya Sanders, gewoon het. Op die dag van die aanranding was Leo vir die dag by haar voordat hy die volgende dag na ’n plaas geneem sou word.

Die pastoor het daarop aangedring Sanders moet die bullterriër in ’n leë eenheid plaas omdat hy nie die nag in die woonstelle kon deurbring nie. Sy het ingestem om die hond na die eenheid te neem sodra iemand, wat sterk genoeg was om Leo te hanteer, beskikbaar was.

Na bewering het Labuschagné toe die hond met ’n tou uit die erf probeer sleep en hom glo met die tou probeer verwurg.

“Toe die tou nie werk nie, het hy Reinette gevra om ’n mes te bring om Leo te steek,” sê Thea Smit, voorsitter van die Virgina DBV.


Sy het glo die mes gaan haal en hy het die dier herhaaldelik daarmee gesteek – in sy lyf, kop en bek. Toe een mes nie genoeg was nie, het Reinette nog een gaan haal.

“Die saak vertoon die mag van openbare ondersteuning deur die omstanders wat die gemeenskap ingelig het en wat Projek Leo ondersteun het,” sê Bolhuis. “Saam het ons toegesien die saak kry die aandag wat dit verdien.”

“Diere is heeltemal van mense afhanklik vir hul sorg en beskerming. Voordat mense ’n dier aanneem, moet hulle verstaan dit is ’n verantwoordelikheid, want as hierdie plig nie nagekom word nie, kan dit rampspoedige gevolge hê,”sê hy.

OFM Nuus/Zenande Mpame sm/dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.