On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Bloem-sakevrou se vertoë afgekeur

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:59 Mon, 08 Jun 2026

Bloem-sakevrou se vertoë afgekeur | News Article
Franzelle Venter. Foto: Facebook

’n Sakevrou van Bloemfontein wat daarvan beskuldig word dat sy ’n werknemer aangerand het, moet Donderdag (18/6) weer in die hof verskyn nadat haar vertoë afgekeur is.

Franzelle Venter, eienaar van Pienk Framboos, het Vrydag (5/6) in die stad se landdroshof verskyn. Die aanvanklike aanklag van poging tot moord is na aanranding verander en sy is op waarskuwing vrygelaat.

Haar regspan het ’n versoek aan die direkteur van openbare vervolgings (DOV) gerig dat die aanklag teruggetrek of deur bemiddeling opgelos word. Die versoek is verwerp en die verhoor sal na verwagting voortgaan.

Dipao Moreng, die klaer, sê ’n geskil het op 24 Oktober by Venter se huis in Fichardtpark ontstaan nadat sy betaling geëis het wat glo aan haar verskuldig was. Sy was by Venter se kosonderneming in diens. Venter het glo geantwoord: “Wat gaan jy doen nou dat ek jou betaal?”

Franzelle Venter. Foto: Facebook

Moreng sê sy was ontbied om verpakkingswerk van die vorige dag oor te doen. Venter het haar beledig en ’n video opgeneem terwyl sy gevra het of die werk aan die vereiste standaard voldoen.

“Ek het besluit om eerder te gaan en vir vervoergeld gevra. Venter het aggressief geword. Sy het my teen die sleepwa gedruk terwyl sy my gewurg het,” beweer Moreng in haar verklaring.

’n Kollega het na bewering probeer ingryp, maar kon nie die twee skei nie. “Haar hande was heeltyd om my nek en sy het my gewurg; ek kon nie asemhaal nie,” lui die verklaring.”

Moreng het krapmerke aan die linkerkant van haar nek en op haar bors opgedoen. “Ek wil hê die saak moet ondersoek word, want niemand het haar toestemming gegee om my so aan te rand nie.”

Teneal van Deventer en kandidaat-regspraktisyn Wiehan Schoeman van Horn & Van Rensburg Prokureurs verteenwoordig Venter.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.