On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat verenig agter Bafana Bafana met aktiverings voor WB-toernooi

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:25 Thu, 11 Jun 2026

Vrystaat verenig agter Bafana Bafana met aktiverings voor WB-toernooi | News Article
Foto: LawInSport

Bafana Bafana se 2026-Wêreldbekersokkertoernooi skop Donderdag (11/6) in Mexiko af, presies 16 jaar nadat dié twee spanne mekaar in Bloemfontein ontmoet het tydens die 2010-toernooi.

Die Vrystaatse sportdepartement, deur die Vrystaatse Sportkonfederasie, het ’n reeks aktiveringsprogramme geloods ter voorbereiding op die Fifa-wêreldbekertoernooi. Dié inisiatief word in samewerking met die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se strukture en ander belanghebbendes aangebied.

Die hoofdoel van die program is om inwoners van die Vrystaat agter Bafana Bafana te verenig en ’n feestelike atmosfeer rondom die Wêreldbeker te skep, sê Tankiso Zola, die departement se woordvoerder.

Deur die aktiverings word beoog om ’n inklusiewe omgewing te skep waar gemeenskappe kan saamkom en deelneem aan sport- en kultuurbedrywighede, terwyl maatskaplike samehorigheid deur sport bevorder word.

Die program sal in verskeie distrikte dwarsoor die provinsie aangebied word en sluit die volgende aktiverings in:

  11 Junie – Bloemfontein: Mangaung Outdoor Sports Centre, 08:00 – 16:00

  11 Junie – Koffiefontein: MPCC Hall, 08:00 – 16:00

  11 Junie – Bethlehem: Bohlokong New Hall, 08:00 – 16:00

  12 Junie – Welkom: Zuka Baloyi Stadium, 08:00 – 16:00

Die aktiverings sal gekenmerk word deur bedrywighede soos sewes-sokkerwedstryde, inheemse spele, asook kreatiewe kompetisies soos skilderkuns- en TikTok-uitdagings.

Gemeenskappe in die Vrystaat word aangemoedig om deel te neem aan deel te neem en Bafana Bafana ten volle te ondersteun.

Oor die Wêreldbeker

Die Fifa-wêreldbeker is die wêreld se grootste internasionale sokkertoernooi wat elke vier jaar plaasvind en nasionale spanne van regoor die wêreld saambring om mee te ding om die wêreldkampioen te word.

Dit is een van die mees sportgeleenthede in die wêreld wat die meeste kykers lok, en miljoene ondersteuners volg die toernooi dwarsoor verskillende gasheerlande.

OFM Nuus/Charne van der Merwe  cvs

* Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.