On Now
Weekends 09:00 - 13:00
The Central SA Top 40 Laurika
Show Background
NEXT: 13:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Yvette
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein: Sakevrou se verhoor begin dan

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:00 Sat, 20 Jun 2026

Bloemfontein: Sakevrou se verhoor begin dan | News Article
Franzelle Venter. Foto: Facebook

Die Bloemfonteinse sakevrou, wat daarvan beskuldig word dat sy haar werknemer aangerand het, se verhoor begin na verwagting op 9 Julie.

Franzelle Venter, eienaar van Pienk Framboos, het Donderdag (18/6) vlugtig in die landdroshof voorgekom. Sy staan tereg op ’n aanklag van aanranding.

Met haar vorige verskyning op 5 Junie het Venter se regspan ’n vertoë aan die direkteur van openbare vervolgings gerig, waarin versoek is dat die aanklag teruggetrek of die saak deur bemiddeling afgehandel word. Dis van die hand gewys.

Dipao Moreng, die klaer, beweer ’n geskil het op 24 Oktober in Venter se woning in Fichardtpark ontstaan nadat sy betaling geëis het wat volgens haar aan haar verskuldig was. Moreng was destyds by Venter se kosonderneming in diens.

Bloem-sakevrou se vertoë afgekeur | News Article

Franzelle Venter. Foto: Facebook

Venter het glo geantwoord: “Wat gaan jy doen nou dat ek jou betaal?” Moreng sê sy is daardie dag ontbied om verpakkingswerk van die vorige dag oor te doen. Sy beweer Venter het haar beledig en terselfdertyd ’n video-opname gemaak terwyl sy gevra het of die werk aan die vereiste standaard voldoen.

“Ek het besluit om eerder te gaan en het vir vervoergeld gevra. Venter het aggressief geraak. Sy het my teen die sleepwa gedruk terwyl sy my gewurg het,” beweer Moreng in haar verklaring. ’n Kollega het na bewering probeer ingryp, maar kon nie die twee vroue van mekaar skei nie.

“Haar hande was heeltyd om my nek en sy het my gewurg. Ek kon nie asemhaal nie,” lui die verklaring. Moreng beweer sy het krapmerke aan die linkerkant van haar nek en op haar bors opgedoen.

“Ek wil hê die saak moet ondersoek word, want niemand het haar toestemming gegee om my so aan te rand nie,” sê sy.

Venter was aanvanklik van poging tot moord aangekla en is op waarskuwing vrygelaat. Teneal van Deventer en kandidaat-regspraktisyn Wiehan Schoeman van Horn & Van Rensburg Prokureurs verteenwoordig Venter.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.