On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Yvette
Listen Live Streams

Central SA

Amper maand later steeds geen spoor van jong ma van Delportshoop

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:34 Mon, 20 Jul 2026

Amper maand later steeds geen spoor van jong ma van Delportshoop | News Article
Lizeny Molehe. Foto verskaf

Daar is steeds geen teken of bevestigde leidrade ná die verdwyning van ’n vrou van die Noord-Kaap wat byna ’n maand gelede laas gesien is nie.

Lizeny Molehe (22), ’n ma van ’n sewe maande oue baba, van Longlands by Delportshoop, is laas op 24 Junie gesien. Die DA het intussen die familie besoek en dring aan op verskerpte optrede en dat alle beskikbare hulpbronne ingespan word om haar op te spoor, sê dr. Delmaine Christians, die DA se kiesafdelingshoof vir Diamant-Suid.

“Kommer heers in die Longlands-gemeenskap en frustrasie neem toe. Inwoners wil weet wat met die jong ma gebeur het. Hulle wil ook die versekering hê alles moontlik word gedoen om haar op te spoor."

Molehe het Lesego Gerts, haar ma, se woning op 24 Junie omstreeks 23:00 verlaat om haar selfoon te gaan haal voordat sy saam met vriende vertrek het. 

“Hoewel daar berigte was dat sy op 2 Julie gesien is, het sy nooit weer terug huis toe gekom nie. ’n Saak is op 7 Julie by die polisie aangemeld,” sê kol. Cherelle Ehlers, provinsiale polisiewoordvoerder.


Christians sê die omstandighede rondom Molehe se verdwyning is kommerwekkend. “Molehe was nog nooit van tevore vir so ’n lang tyd van haar baba af weg nie.”

Ná haar besoek aan die familie het sy met die ondersoekspan in verbinding getree om navraag oor die saak te doen. Sy is glo meegedeel verskeie mense is reeds ondervra en inligting is opgevolg, maar daar is steeds geen bevestigde leidrade nie.

“Die polisie het ook bevestig besonderhede van die vermiste vrou is op relevante kommunikasieplatforms versprei. Ek gaan ook help om ’n vergadering tussen die polisie en die gemeenskap te reël om inwoners oor die ondersoek in te lig,” sê Christians.

Sy vra enigiemand met inligting moet dit met die polisie deel. Bel sers. Richard Kok by 073 293 5493 of 060 972 3267 of Stop Misdaad by 08600 10111.

OFM Nuus dg dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.