On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Ashmund
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste Noordwes-boer ná tweedaagse soektog dood aangetref

───   ZENANDE MPAME 13:00 Tue, 28 Jul 2026

Vermiste Noordwes-boer ná tweedaagse soektog dood aangetref | News Article
Ernst Steynberg se liggaam is Dinsdagoggend gevind. Foto verskaf

Die polisie sit hul ondersoek voort nadat die liggaam van ’n Noordwes-boer, wat van sy plaas naby Rysmierbult verdwyn het, ná ’n tweedaagse soektog gevind is.

Die liggaam van Ernst Steynberg (74), wat sedert Sondagmiddag (26/7) vermis was, is ná ’n uitgebreide soektog deur die polisie, nooddienste en lede van die boeregemeenskap gevind. Ds. Tinus Roux, die gesin se predikant van die NG gemeente Carletonville, het bevestig Steynberg se liggaam is Dinsdagoggend op ’n koppie agter die gesin se woning op die plaas Rietvallei, naby Rysmierbult, gevind.

Die oorsaak van sy dood is in dié stadium nog nie bepaal nie, en geen nadere besonderhede oor die omstandighede van die voorval is bekendgemaak nie.

“Dit is met groot hartseer dat ek moet aankondig dat ons vriend, Ernst Steynberg, gevind is,” het Roux gesê. “Sy liggaam is vroeg vanoggend op die koppie agter die gesin se huisontdek.

“Hy sou Sondag mense op die lughawe gaan haal en het al sy persoonlike besittings op die kombuistafel gelos. Sowat 15 minute nadat sy vrou hom laas gesien het, het sy na hom gaan soek en besef dat hy weggeraak het.

“Ons hart is swaar terwyl ons van ons vriend afskeid neem. Hy was vir baie van ons meer as net ’n vriend; hy was soos familie. 

“Ons innige meegevoel met sy vrou, Alise, hul kinders en kleinkinders in hierdie besonder moeilike tyd.”

Alise het haar man kort ná 16:15 Sondag laas in die kombuis gesien. Toe sy sowat 15 minute later weer met hom wou praat, het hy verdwyn.

“My laaste herinnering aan jou sal die wonderlike tyd wees wat ons vroeër vandeesmaand saam deurgebring het en die gelag om die eetkamertafel. Rus in vrede, my vriend,” het Roux gesê.


The Pink Ladies gee die volgende raad wanneer iemand vermis raak:

  • Kontak die persoon se vriende en meld die verdwyning onmiddellik by die polisie aan, veral indien jy vermoed dat iets met die persoon gebeur het of dat hy of sy moontlik leed aangedoen is.
  • Dit is baie belangrik om die organisasie in kennis te stel indien die kind of volwassene van alkohol of dwelms afhanklik is, aan demensie ly of ’n mediese toestand het wat sy of haar welstand of geestestoestand kan beïnvloed.
  • Hoewel dié inligting nie gepubliseer sal word nie, sal daar aangeteken word dat die persoon kwesbaar is en met sorg behandel moet word indien iemand hom of haar teëkom.

OFM Nuus/Zenande Mpame sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.