On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Aanrandingsaak weer uitgestel oor ontbrekende mediese verslag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:18 Thu, 13 Aug 2026

Aanrandingsaak weer uitgestel oor ontbrekende mediese verslag | News Article
Jacques Botes. Foto verskaf

’n Saak waarin ’n jong Bloemfonteiner van aanranding aangekla word, is weer uitgestel nadat die staat nog nie ’n volledige mediese verslag kon bekom nie.

Jacques Botes (25) het Donderdag (13/8) die vyfde keer in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Hy staan tereg op ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die saak is tot 3 September uitgestel vir die voortsetting van die voorverhoor om die staat die geleentheid te bied om die volledige J88-verslag te bekom.

“Indien die staat nie die verslag voor die volgende hofverskyning kan verkry nie, sal daar besluit moet word of die verhoor met die onvolledige verslag voortgaan, en of die verslag glad nie gebruik gaan word nie,” sê Charl Coetzee, sy regsverteenwoordiger.


Volgens hofstukke spruit die aanklag uit ’n voorval op 18 April in Wilgehof. Die staat beweer Botes het Dumile Dukani onregmatig aangerand deur hom op die grond te stoot en te skop, met die opset om ernstige beserings te veroorsaak.

Botes ontken die bewerings. Hy het buite die hof aan OFM Nuus gesê die voorval het plaasgevind by die drankwinkel waar hy werk. 

Dukani is volgens hom reeds sowat drie jaar ’n gereelde bron van probleme by die onderneming.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cvs

Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.