On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisie soek man ná mesmoord

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:57 Tue, 18 Aug 2026

Noord-Kaapse polisie soek man ná mesmoord | News Article
Die man wat as “Kayser” bekend staan. Foto verskaf

Die polisie in die Noord-Kaap vra die publiek se hulp om ’n Lesotho-burger op te spoor wat moontlik met ’n moordsaak in Kimberley verbind kan word.

Die Kimberley-eenheid vir ernstige geweldsmisdaad soek na ’n man wat bekend staan as “Kayser”. Hy word moontlik verbind met ’n voorval waarin ’n agtienjarige Sondag 9 Augustus in Diamond Park, Greenpoint, doodgesteek is, sê ao. Molefi Shemane, provinsiale polisiewoordvoerder.

Enigiemand met inligting oor Kayser se moontlike verblyfplek, word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Immanuel Jeffries, te bel by 082 302 0407. Inligting kan ook anoniem aan Stop Misdaad by 08600 10111 of via die MySAPS-toepassing deurgegee word.

Die polisie beklemtoon alle inligting wat ontvang word, sal streng vertroulik hanteer word.

Die man word gesoek weens ’n moord. Foto verskaf

Intussen is die Vrystaatse polisie steeds op soek na ’n gewapende en gevaarlike verdagte wat met verskeie ernstige misdade in Bloemfontein verbind word. Vuyani Cassius Ngcamane word gesoek in verband met beweerde motordiefstal, huisroof en twee aanklagte van poging tot moord.

Die polisie vra die publiek om te help om die 35-jarige op te spoor, maar waarsku hy moet onder geen omstandighede gekonfronteer word nie, aangesien hy as gevaarlik beskou word, sê sers. Sinah Mpakane, provinsiale polisiewoordvoerder.

“ ’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik in verband met die beweerde diefstal van ’n motorvoertuig,” sê sy. Die saak is by die Parkweg-polisiekantoor geregistreer. Die verdagte word ook verbind met ’n huisrooftog en twee aanklagte van poging tot moord wat ondersoek word deur die Kopanong-polisie.

Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, word versoek om sers. Lereko Koetle, die ondersoekbeampte, by 067 929 1714, of lt.kol. Sias Smit by 063 692 1196 te bel. Inligting kan ook anoniem aan Stop Misdaad by 08600 10111 of via die MySAPS-toepassing verskaf word.

OFM Nuus sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.