On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse pad gesluit weens swaar reën

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:58 Sun, 06 Sep 2026

Noord-Kaapse pad gesluit weens swaar reën | News Article
Die DR3475-pad is gesluit nadat swaar reën die Metswetsaneng-kruising oorstroom het. Foto verskaf

Motoriste in die omgewing van Metswetsaneng in die John Taolo Gaetsewe-distrik word gemaan dat ’n pad tydelik gesluit is weens oorstromings.

Die DR3475-pad is gesluit nadat swaar reën die Metswetsaneng-kruising oorstroom het. Dit is as ’n voorkomingsmaatreël gedoen omdat die bewegende water dit vir motoriste moeilik kan maak om die diepte te kan skat.

“Motoriste en die publiek word gevra om nie oorstroomde paaie, laagliggende brûe of strome oor te steek nie en om alle padtekens te gehoorsaam,” sê Zandisile Luphahla, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke.

Motoriste moet versigtig naby oorstromings bestuur. Foto verskaf

Departementele bystandspanne is ontplooi om die betrokke gebied te monitor, asook ander hoërisikopaaie en -kruisings in die provinsie.  

Verdere opdaterings sal gekommunikeer word indien toestande verander of nog paaie oorstroom word.

Paaie kan binne ’n kort tydperk gevaarlik raak selfs wanneer die water aanvanklik vlak of kalm lyk. Motoriste moet uiters versigtig wees en onnodige risiko’s vermy. 

OFM Nuus dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.