On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Stroper dood ná olifant-ontmoeting in Krugerwildtuin

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:19 Mon, 14 Sep 2026

Stroper dood ná olifant-ontmoeting in Krugerwildtuin | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

’n Vermeende wilddief is dood nadat hy glo probeer weghardloop het van ’n olifanttrop in die Nasionale Krugerwildtuin.

Twee vermeende wilddiewe is volgens voorlopige inligting glo Vrydag (11/9) die wildtuin onwettige binne. Hulle het glo op ’n trop olifante afgekom en op die vlug geslaan, waarna een gehoor het hoe die ander man skree.

Die verdagtes het in verskillende rigtings in die Pafuri-gebied gevlug en een is dood, sê JP Louw, Sanparke se kommunikasiehoof.

Die oorlewende verdagte het erken hy was onwettig in die park en het veldwagters vergesel vanaf die Pafuri-pos na die gebied waar die voorval glo plaasgevind het. “Die veldwagters het die verdagte se spore vanaf die Luvuvhu-rivier sowat ses kilometer die park in gevolg,” sê Louw.


Die man se liggaam is daar gevind. Die oorblyfsels van ’n buffel, wat vermoedelik onwettig gejag is, is ook tydens die soektog gevind.

Sanparke sê olifante is oor die algemeen vreedsame diere, maar kan aggressief raak wanneer hulle bedreig, beseer of geteister word. ’n Olifant-aanval kan noodlottige gevolge inhou vir mense.

Die onwettige betreding van ’n gebied waar gevaarlike wilde diere vry rondbeweeg, hou daarom ’n ernstige risiko in vir mense wat die park te voet binnegaan.

Die voorval word ook deur die polisie ondersoek, met die klem op die omstandighede rondom die man se dood en die beweerde onwettige jag van die buffel.

Die polisie sal met die ondersoek en forensiese prosesse voortgaan. Die ondersoek sal na verwagting meer duidelikheid bring oor presies wat tydens die voorval gebeur het en of verdere optrede teen enige van die betrokkenes nodig sal wees.

OFM Nuus

Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of WhatsApp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.