On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Gautengse man binnekort in hof nadat sy dogters sterf

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 07:52 Sun, 18 Oct 2026

Gautengse man binnekort in hof nadat sy dogters sterf  | News Article
Die man het na bewering sy kinders vermoor. Foto verskaf

Die man sal na verwagting Maandag (19/10) in die Germistonse landdroshof op die Oos-Rand verskyn nadat hy glo sy twee dogters vermoor het.

Die man (34) van Germiston is Donderdag (15/10) deur die Ekurhuleni-metropolisie in hegtenis geneem nadat inligting oor sy verblyfplek ontvang is. “Die verdagte is aan die polisie oorhandig en die omstandighede rondom die kinders se dood word ondersoek,” sê brig. Brenda Muridili, provinsiale polisiewoordvoerder.

Hy het na bewering Dinsdag (13/10) slaappille in sy gesin se kos gegooi. Sy twee dogters, een en 11 jaar, is op die toneel dood verklaar. Sy vrou en nog ’n dogter het oorleef. Muridili sê die man het gevlug en die metropolisie het na hom begin soek. Hy is op die hoek van Lambert- en Princestraat in Germiston aangekeer.

Aanklagte van moord

Hy staan tereg op twee aanklagte van moord en twee van poging tot moord. Hy word by die Germiston-polisiekantoor aangehou totdat hy in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort.

In ’n soortgelyke geval waar ’n ouer hul kinders vermoor het, is ’n vrou tot 30 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar twee jong kinders vergiftig het.

Lister Nkomo (43) is in September vanjaar gevonnis nadat sy skuldig bevind is aan die moord op haar tweejarige dogter en sewe maande oue seun. Die voorval het op 3 Junie 2023 in Parktown, Johannesburg, plaasgevind.

Volgens die NVG het Nkomo haar suster op die dag van die voorval gekontak en gesê dat sy haar eie lewe en dié van haar kinders wou neem. Haar suster het die kinders se pa gewaarsku, waarna hy na die toneel gehaas het en die kinders bewusteloos aangetref het.

Albei kinders is later dood verklaar, terwyl Nkomo mediese behandeling ontvang het nadat sy ook gif ingeneem het. Die hof het haar tot 15 jaar gevangenisstraf op elk van die twee moordaanklagte gevonnis, met die vonnisse wat opeenvolgend uitgedien moet word.

OFM Nuus dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.