On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste Welkom-onderwyser se liggaam by Klippan gevind

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:18 Sun, 01 Nov 2026

Vermiste Welkom-onderwyser se liggaam by Klippan gevind | News Article
Die Bloemfonteinse duikeenheid het die liggaam van Gert Adams uit die water gehaal. Foto verskaf

Die polisie het met ’n geregtelike doodsondersoek begin nadat die liggaam van ’n onderwyser uit ’n waterpan by Klippan naby die Steyn 1-myngebied in Welkom gehaal is.

Die polisie is Donderdag (29/10) omstreeks 11:35 na die gebied ontbied nadat ’n visserman na bewering ’n liggaam in die water sien dryf het. Hy was besig om vis te vang toe hy ’n onaangename reuk in die water opgemerk het.

“Die visserman het die polisie gewys waar hy die liggaam vroeër gesien het,” sê sers. Palesa Thabana, Vrystaatse polisiewoordvoerder. Hy is op die toneel dood verklaar en is op Vrydag (30/10) as Gert Adams (55) deur sy familie geïdentifiseer.

Die Bloemfontein-duikeenheid het daarin geslaag om sy liggaam uit die water te haal. Sy voertuig is na bewering twee dae ná sy verdwyning in Klippan teruggevind. Adams se motorsleutels was nog in sy sak. Die omstandighede rondom sy verdwyning en dood is nog onbekend. 

In 2023 is vyf verdagtes in hegtenis geneem nadat twee van hulle in die besit gevind is van ’n voertuig wat aan Kgatliso Edwin Makgetla, ’n vermiste dosent van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, behoort het. Die verdagtes is vasgetrek ná ’n uitgebreide soektog wat die samewerking met die polisie in Lesotho ingesluit het. Dit het later aan die lig gekom dat Makgetla gekaap en ontvoer is. Sy voertuig is later aan die verdagtes verkoop.

Ook in 2023 is die liggaam van Khethiwe Nkambule. onderwyseres van die Bainsvlei Combined School, by die South Park-begraafplaas in Bloemfontein gevind.

OFM Nuus

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.