On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Werk én studeer in 2027? Só kan jy dit bekostig.

───   15:14 Wed, 25 Nov 2026

Sponsored15:14 Wed, 25 Nov 2026
Werk én studeer in 2027? Só kan jy dit bekostig. | News Article

Om te studeer hoef nie noodwendig te beteken dat jy jou werk, inkomste óf ander belangstellings moet prysgee nie.

Akademia se nauurse afstandsmodel bied aan werkende studente die geleentheid om nauurs én oor afstand te studeer terwyl hulle terselfdertyd waardevolle werkservaring opdoen en 'n inkomste verdien.

Finansieringsopsies tot jou beskikking

Die sleutel lê egter daarin om toegang tot gehalteonderrig op 'n volhoubare en haalbare manier te vind. Dit is presies waar Akademia 'n verskil maak. Die buigsame nauurse afstandsmodel, tesame met weldeurdagte beplanningsopsies en ondersteuning, bied aan voornemende studente praktiese oplossings vir die finansiële uitdagings van hoër onderwys. Dit alles, sonder om gehalte in te boet.

Werk en studeer

Studente wat reeds werk, kan hul inkomste gebruik om gedeeltelik of ten volle tot die delging van hul studiekoste by te dra.

Aanpasbare betalingsopsies

Akademia se betalingsplanne is veelsydig en bied aan jou die geleentheid om studiegelde op 'n aanpasbare manier af te betaal. Binne hierdie konteks, kan jy die volgende keuses uitoefen:

  • 'n Volledige eenmalige betaling aan die begin van die jaar maak.
  • In paaiemente betaal wat oor die bestek van die akademiese jaar versprei word.
  • Daar is ook merietebeurse vir onderskeidings wat deur 2027-matrikulante verwerf is.

Neem minder modules en versprei hierdie modules oor 'n tydperk

Jy hoef nie noodwendig die maksimum aantal modules per jaar te neem nie. Deur jou modules oor 'n langer tydperk te versprei, kan jy jou jaarlikse studiekoste verlaag en steeds met jou gekose program vorder.

Studieondersteuning

Voornemende studente kan ook vir finansiële ondersteuning aansoek doen. Studente kan onder meer vir 'n rentedraende studielening by Konnek aansoek doen of deur die Solidariteit Helpende Hand Studietrust vir verdienstelike gevalle. Laasgenoemde verwys na rentevrye lenings.

Studie as 'n belegging met ewigheidswaarde

Die belangrikste oorweging is om vroeg reeds te beplan en 'n finansieringsopsie te kies wat by jou unieke omstandighede pas. 'n Belegging in naskoolse studie verskil fundamenteel van ander tipe beleggings, omdat dit nie aan markskommelinge onderhewig is nie. Dit is 'n belegging in jou eie vorming en professionele mondering. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is werkloosheid onder gegradueerdes beduidend laer as onder diegene daarsonder en daar is sterk bewyse dat 'n gehaltekwalifikasie 'n persoon se inkomstevermoë en loopbaanvooruitsigte daadwerklik bevorder.

Hoewel die korttermynvooruitsig soms met onsekerheid gepaardgaan, bly die langtermynwaarde van naskoolse studie beduidend konsekwent. Onsekerheid kom en gaan, maar die kennis, vaardighede en vorming wat 'n kwalifikasie tot gevolg het, sal jou 'n leeftyd bybly.

Studieaansoeke vir 2027 is oop. Indien jy meer inligting verlang sluit by Akademia aan in September en Oktober vir verskeie inligtingsgeleenthede. Besoek Akademia se webblad om jou plek te bespreek.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.