General
Podcast: Woensdag se hoof-nuusstories─── 18:30 Wed, 09 Oct 2019
Een van die drie verdagtes in die moord op twee Bloemfonteinse DA-lede en 'n Lesotho-burger in Caleb Motshabi, Seipati Ramatisa, het vandag voortgegaan met 'n formele borgtogaansoek.
Die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente, of Cosas, sê die besluit van die onderwysdepartement om graad 9-leerders toe te laat om skool te verlaat - met die nodige sertifikate - spreek nie die kernprobleem in basiese onderwys aan nie.
EN
Nadat 'n vlaag van gewelddadige xenofobiese aanvalle op buitelandse burgers daartoe gelei het dat duisende uit die land gevlug het, het die Emtanjeni munisipale forum-nasionale beplanningskommissie in De Aar in die Noord-Kaap 'n sewe-dae kennisgewing aan buitelandse burgers uitgereik.
OFM-nuus
