On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 8 September 2022

───   18:40 Thu, 08 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 8 September 2022 | News Article

Hierdie is van jou hoofstories vandag, 8 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

Die bykomende saak in die Estina/Vrede aangeleentheid, rakende R25-miljoen wat glo in die Vrystaat gebuit is, is vandag weereens in die hooggeregshof in Bloemfontein uitgestel.

Adjunk-regterpresident Martha Mbhele het die saak tot 3 November uitgestel, om die bestuur van die strafsaak te hanteer – wat steeds in die vroeë stadium van die voorverhoor is.

Agt verdagtes, insluitend vermeende Gupta-vennoot, Iqbal Sharma, voormalige Vrystaatse departementele rekeningkundige beamptes sowel as verteenwoordigers van betrokke maatskappye, staan tereg op aanklagte van onder meer bedrog en korrupsie.


Die staatsgetuie in die Senzo Meyiwa-moordverhoor, die polisiebeampte Thabo Mosia, sê die tydsverloop tussen die moord, en die aanmelding daarvan, het baie vrae by hom laat ontstaan.

Mosia het die misdaadtoneel ook as abnormaal beskryf. Hy was die eerste forensiese beampte op die moordtoneeel in die huis waar Meyiwa, ‘n gewese Bafana Bafana-kaptein, in 2014 tydens ‘n beweerde rooftog doodgeskiet is.

Vyf mans staan tereg vir die moord.


Die Vrystaatse polisie se besteding aan voertuie het weereens opslae gemaak. ’n Antwoord op 'n vraag in die parlement deur die polisieministerie het aan die lig gebring dat een motorbattery na bewering R15 000 gekos het.

Die antwoord onthul verder R1,9-miljoen is oor die afgelope twee finansiële boekjare deur die Vrystaatse polisiediens bestee.

Die antwoord aan Demokratiese Alliansie parlementslid, George Michalakis, het ook gesê dat meer as R12 miljoen in dieselfde tydperk aan 1814-motorbande bestee is.

“Daar is gemiddeld R6 600 bestee om een band te koop,” het Michalakis bygevoeg.

’n Navraag is aan die provinsiale SAPD gestuur vir kommentaar.


Die NAMPO ALFA vee-, jag- en buitelewe-ekspo, aangebied deur Graan SA en ALFA, word vanjaar vir die eerste keer by NAMPO Park gehou, met OFM as die amptelike mediavennoot.

OFM Verkoopsbestuurder Anchen Lintevelt sê ’n wye verskeidenheid jag- en buitelewe-uitstallings van hoë gehalte sal by die jag- en buitelugleefstyl-ekspo ingesluit word, soos vuurwapentoetse by ’n skietbaan en 4x4-toetsritte.

Die geleentheid sal van die 29ste van vandeesmaand tot en met die eerste van volgende maand op NAMPO Park, buite Bothaville, in die Vrystaat plaasvind.


LUISTER:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.