On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 28 September 2022

───   18:20 Wed, 28 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 28 September 2022 | News Article

Hierdie is van jou hoofstories vandag, 28 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

’n Voormalige Minister en Vrystaatse LUR vir Landbou is op borgtog vrygelaat ná sy verskyning in die Bloemfonteinse Landdroshof rakende die mislukte Estina/suiwelplaasprojek.

Mosebenzi Zwane het saam met twee medebeskuldigdes in die hof verskyn, wat ook deel was van die aanvanklike saak – wat voorlopig teruggetrek is hangende ondersoeke.

Zwane, wat tans ’n parlementslid is, het saam met Ronica Ragavan en Ugeshni Govender in die hof verskyn. Govender is ’n voormalige werknemer van Sahara, ’n maatskappy wat deur die Guptas besit word.

Die wal van nog ‘n dam by Jagersfontein in die Vrystaat, dié keer 'n waterdam, het oorstroom.

Dit volg slegs sestien dae nadat die wal van ‘n slikdam van die Jagersfontein-myn gebars en die dorp en die omgewing oorstroom het.

Die burgemeester van die Kopanong plaaslike munisipaliteit, Xolani Tseletsele, sê die wal kon moontlik meegegee het weens stortreën wat oor die gebied uitgesak het. 

Intussen het OFM-nuus vroeër berig Riorita Breytenbach, een van die vele oorlewendes van die ramp, ten tye van die ramp in haar kombuis was voordat sy 12km ver deur die modder vloed meegesleur is.


Die burgerregteorganisasie AfriForum is Donderdag in die hof oor twee sake wat met die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema, verband hou.

Luidens 'n verklaring deur die burgerregte-organisasie verwag AfriForum uitslag in die Gelykheidshof in sy aansoek om verlof tot appèl in die “Kill the Boer”-haatspraaksaak. ’n Uitspraak word ook in die aanrandingsverhoor van Malema en Mbuyiseni Ndlozi, ’n EFF lid in die Parlement, verwag.

Hulle word aangekla vir die beweerde aanranding van Johannes Venter, ’n SAPD-kolonel, by Winnie Mandela se begrafnis in 2018.


Die nasionale kragvoorsiener, Eskom, het vrese aangespreek dat beurtkrag verhoog sal word om die huidige kragbeperkings te hanteer.

In die lig van onlangse berigte dat beurtkrag waarskynlik sal toeneem, sê Eskom nasionale woordvoerder, Sikonathi Mtshantsha, indien daar 'n rede tot kommer is, sal hulle betyds met die publiek kommunikeer.


LUISTER:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.