On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

General

Wees ’n slim verbruiker dié Swart Vrydag én feestyd

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:10 Thu, 23 Nov 2023

Wees ’n slim verbruiker dié Swart Vrydag én feestyd | News Article
Foto: Unsplash/cardmapr

“Vermy die besteding van geld op begeertes, fokus eerder op behoeftes. Soek altyd rond vir die beste transaksies, vermy dit om met kontant rond te loop en onthou altyd – dit is jou reg om enige transaksie of versoek te verwerp of te ignoreer.”

(English version.)

Verbruikers word aangeraai om slim te werk te gaan en daarop te fokus om hul geld meer op noodsaaklike items te bestee voor Swart Vrydag en die feestyd.

Hierdie tydperk skep ook ’n geleentheid vir misdadigers om hul pogings op te skerp om voordeel te trek uit verbruikers wat op soek is na winskopies. 

Thabo Meeko, Vrystaatse LUR vir ekonomiese, kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake (Destea), het die publiek gemaan om op die uitkyk te wees vir aanlyn swendelary en transaksies te vermy wat te goed klink om waar te wees.

Thabo Meeko, Vrystaatse LUR vir ekonomiese, kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake.. Foto: Lucky Nkuyane

Hy het ook verbruikers aangeraai om vooruit te beplan voordat hulle bestee, uit te werk wat hulle kan bekostig en ’n begroting opstel. “Vermy die besteding van geld op begeertes, fokus eerder op behoeftes. Soek altyd rond vir die beste transaksies, vermy dit om met kontant rond te loop en onthou altyd – dit is jou reg om enige transaksie of versoek te verwerp of te ignoreer.”

Wikus Olivier, besturende direkteur van CreditSmart Financial Services, het die volgende aanbevelings gedoen vir verbruikers om oorbesteding te voorkom: 

  • Ken jou huidige geldsituasie: Beskerm jou finansiële gesondheid en kyk na die holistiese prentjie van jou finansiële situasie. ’n Oorsig sal jou toelaat om te weet of jy eerder hierdie maand heeltemal moet wegskram van ‘kopies’, of tot watter mate jy (geldgewys) kan gaan deelneem aan die inkopie-fenomeen van die jaar.
  • Spesifiseer jou begrotingsbedrag: Maak seker dat jy 'n aparte Swart Vrydag/November-begroting opgestel het voordat jy na enigiets aanlyn of in die winkels kyk. Oefen selfbeheersing uit en hou by jou begroting aangesien inkopies in die huidige tydperk meer aanloklik is as ooit. Fokus op noodsaaklikhede of ’behoeftes’ en nie jou ‘begeertes’ nie.
  • Herbesin voordat jy  ’n aankoop doen: Voordat jy jou daartoe verbind om iets te koop, neem ’n oomblik en vra jouself af: “Is dit ’n noodsaaklikheid of net iets wat ek ‘wil hê’?“ en “Is ek steeds binne my begroting as ek hierdie item koop?”
  • Omseil kleinhandelaars se Swart November truuks: Weet wat items kos, want dit sal jou help om uit te wys of ’n ‘uitverkoping’ werklike afslag weerspieël of nie. Onthou: Kleinhandelaars is geneig om pryse bo die gewone vraprys te verhoog en hulle bemark aggressief – wat ’n valse gevoel van dringendheid skep, wat jou oordeel vertroebel dat jy ’n impulsiewe aankope doen. Dit word gewoonlik gevolg deur skuldgevoelens, spyt en selfs onbeheersde skuld.
  • Die beste ding wat jy kan doen, is om GLAD NIE geld te bestee nie: Moenie aan die verbruikschaos deelneem as jy nie begroot het nie en nie ekstra skuld wil aangaan nie. As jy egter reeds die skuld voel knyp, wees #CreditSmart en soek die beste geregistreerde oplossing om jou te help om uit die boeie van skuld te kom.

Meeko sê Destea sal, deur die Verbruikersbeskermingskantoor, tesame met wetstoepassingsagentskappe, waaksaam wees en optree teen diegene wat nagemaakte goedere, onveilige kos of alkohol verkoop.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi
 Corné/Daphné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.