Health
Prostaatkanker: maak maklik seker jy's gesond─── 21:48 Thu, 01 Jun 2023
Sponsored21:48 Thu, 01 Jun 2023
Met statistiek wat wys 1 uit 10 mans sal in hul leeftyd prostaatkanker kry, maar dat naastenby alle mans wat prostaatkanker kry dit sal oorleef indien dit vroeg genoeg opgetel word, is dit belangriker as ooit om seker te maak jy is gesond.
Mans bo 40 is veral in die risikogroep en word aangemoedig om hulself te laat toets.
Junie is internasionale mansgesondheidsmaand en DB Pharmaceuticals, in samewerking met Arrie Nel, The Local Choice en Alpha Pharm bied jou hierdie maand ‘n gulde geleentheid om GRATIS getoets te word.
Hein van den Berg, bedryfshoof van DB Pharmaceuticals, het by die Joyride kom inloer om ‘n PSA-siftingstoets met Nico van der Westhuizen te doen.
Die toets behels bloot die prik van ‘n vinger om ‘n bloeddruppel vir ‘n kitsontleding te onttrek. Prostaat-spesifieke antigeen, of PSA, is 'n proteïen wat deur normale, sowel as kwaadaardige, selle van die prostaatklier vervaardig word. Die kitsontleding wys dan of daar verhoogde vlakke van die proteïen verteenwoordig is.
Vind jou naaste apteek waar jy die siftingstoets kan laat doen, hier.
Kyk onder na die toetsproses.
Let daarop dat 'n positiewe toetsuitslag nie 'n formele diagnose is nie, maar 'n aanduiding dat jou PSA-vlakke hoog is en dat prostaatkanker teenwoordig kan wees. ’n Formele diagnose moet deur jou dokter gemaak word.

'n Luisteraar het haar storie gedeel oor hoe die toets haar man gehelp het.

