Health
31 Julie: Wêreld-borsvoedingsweek – die rol van ’n borsvoedingskonsultant─── 12:00 Mon, 31 Jul 2023
Eloise Swanepoel, dieetkundige en borsvoedingskonsultant, sluit by Yolanda Maartens van Mid-Morning Magic aan om te praat oor hoe swanger vroue hulle kan voorberei op borsvoeding.
Wêreldborsvoedingsweek 2023 fokus op borsvoeding en indiensneming. Die invloed van betaalde verlof, werkplekondersteuning en ouerskapnorme op borsvoeding sal deur ouers gedeel word. Regerings, beleidmakers, werkplekke, gemeenskappe en ouers sal betrek word om hul kritieke rol te speel in die bemagtiging van gesinne en die handhawing van ’n borsvoeding-vriendelike omgewing in die werkplek ná die Covid-19-pandemie.

Luister na deel 1 en 2 van ons gesprek met Swanepoel oor hoe swanger vroue hulself kan voorberei op borsvoeding.
Besoek die webtuiste om ’n borsvoedingskonsultant naby jou te vind:
http://salactationconsultants.co.za/wp/find-a-consultant/
Jy kan ook ’n e-pos stuur aan sr. Hettie Grové van die South African Certified Lactation Consultants. Haar e-posadres is hetti@worldonline.co.za
World Alliance for Breastfeeding Action (WABA) is 'n netwerk van individue en organisasies wat toegewyd is aan die beskerming, bevordering en ondersteuning van borsvoeding. WABA koördineer en organiseer jaarliks die Wêreldborsvoedingsweek tussen 1-7 Augustus. Sedert 2016 is die veldtog in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte gebring.


