On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Health

31 Julie: Wêreld-borsvoedingsweek – die rol van ’n borsvoedingskonsultant

───   12:00 Mon, 31 Jul 2023

31 Julie: Wêreld-borsvoedingsweek – die rol van ’n borsvoedingskonsultant | News Article

Eloise Swanepoel, dieetkundige en borsvoedingskonsultant, sluit by Yolanda Maartens van Mid-Morning Magic aan om te praat oor hoe swanger vroue hulle kan voorberei op borsvoeding.

Wêreldborsvoedingsweek 2023 fokus op borsvoeding en indiensneming. Die invloed van betaalde verlof, werkplekondersteuning en ouerskapnorme op borsvoeding sal deur ouers gedeel word. Regerings, beleidmakers, werkplekke, gemeenskappe en ouers sal betrek word om hul kritieke rol te speel in die bemagtiging van gesinne en die handhawing van ’n borsvoeding-vriendelike omgewing in die werkplek ná die Covid-19-pandemie. 



Luister na deel 1 en 2 van ons gesprek met Swanepoel oor hoe swanger vroue hulself kan voorberei op borsvoeding. 



Besoek die webtuiste om ’n borsvoedingskonsultant naby jou te vind: 

http://salactationconsultants.co.za/wp/find-a-consultant/

Jy kan ook  ’n e-pos stuur aan sr. Hettie Grové van die South African Certified Lactation Consultants. Haar e-posadres is hetti@worldonline.co.za





World Alliance for Breastfeeding Action (WABA) is 'n netwerk van individue en organisasies wat toegewyd is aan die beskerming, bevordering en ondersteuning van borsvoeding. WABA koördineer en organiseer jaarliks die Wêreldborsvoedingsweek tussen 1-7 Augustus. Sedert 2016 is die veldtog in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte gebring. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.