Health
Aptekersweek: Die toekoms vir akademie in praktyk─── 09:00 Tue, 26 Sep 2023
Tydens aptekersweek maak Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens ‘n draai by die NWU se Skool vir Farmasie om meer te gesels oor die toekoms van aptekerswese as rigting en hoekom hulle opgewonde is oor die visie wat hul het vir hul studente.
Dr Stephan Steyn en Prof De Wet Wolmarans gesels met Mid-Magic se Yolanda Maartens.
Hoe kan aptekers ons gesondheidsstelsel versterk, in die Suid Afrikaanse konteks? Hoe pas die jaar se World Pharmacists tema in by aptekers maand?
Wat behels aptekers maand en hoekom is dit belangrik?
Watse advies het hulle vir toekomstige aptekers en wat is hul visie by die NWU vir hul fakulteit?
Wat behels ? kwalifikasie in Farmasie?
Om studente met kennis, vaardighede en bevoegdhede toe te rus sodat hulle as lede van ’n gesondheidsspan in staat sal wees om professionele farmaseutiese dienste te lewer. Na suksesvolle voltooiing van die program en die vereiste internskap moet aptekers oor die volgende bevoegdhede beskik:
Organisasie en kontrole van die vervaardiging, verpakking en gehalteversekering van farmaseutiese produkte;
Organisasie en kontrole van die verkryging, berging en verspreiding van farmaseutiese materiaal en produkte;
Resepteer en verseker die optimale gebruik van voorgeskrewe medisyne;
Verskaf aptekersgeïnisieerde behandeling van pasiënte en verseker die optimale gebruik van medisyne;
Verskaf opvoeding en inligting oor gesondheidsorg en medisyne;
Bevorder gemeenskapsgesondheid en verskaf verbandhoudende inligting en advies; en
Neem deel aan navorsing om die optimale gebruik van medisyne te verseker.
Tydens aptekersweek het Yolanda ook die geleentheid gehad om met 'n oud-NWU Farmasie student, Christiaan Opperman te gesels. Hy is tans besig met sy internskap ter voorbereiding vir sy gemeenskapsjaar as apteker. Christiaan gesels met lof oor sy Alma Mater en vertel met passie hoekom die beroep vir hom die regte keuse was. Luister gerus hier na hul gesprek.



