Health
Get Wise Wednesday: Plante voed liggaam, gemoed en omgewing─── 10:53 Wed, 20 Aug 2025

Plante doen meer as om net ’n ruimte te verfraai – dit het ’n regstreekse invloed op ons gesondheid, welstand en selfs gemoedstoestand.
Só sê Ansulene Prinsloo van Just Bliss. Volgens haar speel plante ’n wesenlike rol in geestesgesondheid.
“Hulle suiwer die lug, voeg suurstof by, en sommige – soos die peace lily – neem selfs gifstowwe en besoedeling deur hul blare en wortels op. Net om plante naby jou te hê, skep ’n gesonde omgewing.”
Studies wys verder dat groen ruimtes spanning verlaag, konsentrasie verbeter en jou gemoed lig.
Prinsloo beklemtoon ook die waarde van plantgebaseerde produkte in daaglikse roetines. “Ons vel is ons grootste orgaan.
“Wat ons daarop smeer – seep, room, sjampoe of deodorant – kan in die bloedstroom opgeneem word. Harde chemikalieë kan wanbalans en selfs siektes veroorsaak.
“Plantgebaseerde produkte is sagter, werk in harmonie met die liggaam en ondersteun langtermynwelstand.”
Plante speel ’n wesenlike rol in geestesgesondheid. Foto ter illustrasie: iStock
’n Groot gunsteling vir haar is die hennepplant, wat sy beskryf as ’n voorbeeld van hoe die natuur op volhoubare wyse vir mense voorsien. “Dit is nie dagga nie – dis ’n heel ander variëteit.
”Hennep groei vinnig, gebruik min water en verryk die grond. Die olie wat daaruit gepars word, is lig, bevogtigend en ideaal vir selfs die sensitiefste velle.
”Die sade is ryk aan omegas en minerale, en die plant kan selfs in boumateriaal gebruik word.”
LEES OOK: Get Wise Wednesday: Bloemfontein’s green guru gives tips on growing your own food
Prinsloo glo dat mense hulleself met plante moet omring – binne en buite – en plantgebaseerde produkte verkies vir gesondheid, balans en ’n beter omgewing.
“Plante voed nie net ons liggame nie, maar ook ons lewens. Hulle bring balans en wys ons dat alles sy tyd het – van groei tot rus en vernuwing.”
OFM mvh