Health
Hardwerkend of uitgebrand: Kan jou dryfkrag jou siek maak?─── 12:00 Wed, 10 Jun 2026
Dr. Michelle Weyers is ’n huisarts met ’n nagraadse kwalifikasie in sportgeneeskunde. Nadat sy self in 2017 deur uitbranding is, het sy ’n besondere passie ontwikkel om mense te help herstel, hul energie terug te kry en weer voluit te leef.
Weyers het aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein gestudeer en het daarna ’n nagraadse kwalifikasie in sportgeneeskunde aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy werk tans in die veld van funksionele en integratiewe medisyne, met ’n besondere belangstelling in uitbranding, chroniese moegheid en die onderliggende faktore wat mense se energie, welstand en prestasie beïnvloed.
Haar belangstelling in uitbranding is ook persoonlik. Sy het self in 2017 deur uitbranding gegaan en moes die herstelproses eerstehands beleef. Dit het haar geleer dat herstel moontlik is, maar dat dit meer verg as net rus. Vandag leef sy weer die lewe voluit, met ’n passie om ander te help om hul energie, gesondheid en lewensvreugde terug te kry.
Pulane gesels met Weyers oor wat presies uitbranding is, en hoe baie mense nie eens besef dat iets in hul lewe, wat hulle dink rus bring, eintlik bydra tot die spanning wat hulle laat uitbrand. Hulle gesels oor waarna jy moet uitkyk, en gee ook advies oor hoe om jou besige lewe beter te bestuur om dit te voorkom.
