Health
Binne of buite oefen: Wat is beter en hoekom?─── 11:00 Wed, 05 Aug 2026
Pulane praat met ’n biokinetikus oor die voordele van binne én buite oefen, en hoe albei eintlik belangrik is om mekaar aan te vul.
Simone Malan, ’n biokinetikus van Bloemfontein en ’n semi-professionele deelnemer aan uithouwedlope, met ’n passie vir beweging, gesondheid en prestasie, het by Pulane Nel-Sekepe kom kuier vir ’n lekker welstandpraatjie.
Sy werk met mense van verskillende ouderdomme en fiksheidsvlakke – van algemene gesondheid en rehabilitasie tot atlete wat beter wil presteer en minder beserings wil hê.
Simone glo in ’n gebalanseerde benadering: Uithouvermoë, krag, herstel en goeie leefstylgewoontes moet saamwerk. As ’n atleet verstaan sy ook persoonlik hoe belangrik dit is om nie net fiks te wees nie, maar ook sterk, gesond en volhoubaar te oefen.
Foto verskaf
Van kragoefening tot vars lug vir fiksheidsoefening buite: Of jou nou om die blok stap of oor ’n berg hardloop, Simone verduidelik waar om te begin, waarvoor jy versigtig moet wees, en hoekom jy nie kan bekostig om onaktief te wees nie.
sm
