On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Human Interest

Gareth Cliff onskuldig

───   12:17 Fri, 04 Nov 2011

Gareth Cliff onskuldig | News Article

Gareth Cliff, welbekende radiopersoonlikheid by 5FM en Idols-beroordelaar, is onskuldig bevind ná klagtes van haatspraak teen hom by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) ingedien is.

Dié aanklagte hou verband met beweerde aanvallende en seksistiese aanmerkings oor vroue wat hy tydens ‘n regstreekse onderhoud op sy program gemaak het, het die UKKSA Vrydag gesê.

Cliff het op 8 September met die vigsaktivis Angela Larkan (27) oor haar organisasie Thanda.org gesels en vasgestel dat sy haar humanitêre werk op die ouderdom van 22 begin het.

Cliff het tydens die onderhoud aan Larkan gesê: “Meisies van 22 doen gewoonlik niks anders as om op hul rûe te lê met hul bene oop nie”.

Kobus van Rooyen, voorsitter van de UKKSA, sê die verwysing na “meisies” of “vroue” deur die klaagsters was omdat die koerante nie vir Cliff reg aangehaal het nie.

“Watookal die aanbieder (Cliff) gesê het, hy het nie ‘n seksistiese aanmerking gemaak nie. Jy mag dalk dink hy het na die vroulike geslag verwys omdat hy ‘n onderhoud met mej. Larkan gehad het en sy ‘n vrou is,” het Van Rooyen gesê.

Hy sê Cliff se kommentaar dat die meeste 22-jariges op hul rûe lê met hul bene oop, of anders besig is om te drink, is niks meer as ‘n verregaande vergelyking nie.

Cliff, sowel as Aisha Mohamed, stasiebestuurder by 5FM, het die UKKSA se verhoor op 7 Oktober bygewoon.

“Ons is verlig oor die UKKSA se bevinding dat Gareth se kommentaar nie seksisties was nie,” het Mohamed in ‘n verklaring gesê.

“In die lig van wat Gareth gesê het en die feit dat dit in die meeste gevalle buite konteks aangehaal is, voel ons dit is ‘n oorwinning vir vryheid van spraak.”

Cliff sê die UKKSA se bevinding was ‘n voorbeeld van ‘n klagte wat gegrond is op hoorsê.

Nadat die klagtes in September by die UKKSA ingedien is, het Cliff op sy blog geskryf dat hy dit as 'n belediging sien om as seksis uitgekryt te word.

"Tydens my onderhoud met Larkan wou ek 'n vergelyking tref en het gesê 'so baie' of die 'meeste' 22-jariges is meer geïnteresseerd om met hul bene oop te lê. Dit was vir seker nie op enigeen gemik nie en ek aanvaar sommige sensitiewe mense sou dié stelling aanvallend vind."

Sapa


 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.