On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Ashmund
Listen Live Streams

Inspiration

Pyn met intimiteit … is dit normaal?

───   11:00 Thu, 27 Aug 2026

Pyn met intimiteit … is dit normaal? | News Article

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor ’n ongemaklike, maar belangrike onderwerp.

Baie jong paartjies wat hulself vir die huwelik gespaar het, beleef ’n moeilike en hartseer wittebrood omdat daar fisiese, mediese en selfs sielkundige redes kan wees waarom intimiteit só pynlik is dat dit byna onmoontlik raak.

Fisiese obstruksies, soos ’n verdikte maagdevlies, of mediese toestande soos endometriose, kan erge pyn veroorsaak. Om ’n dokter of ginekoloog te raadpleeg is die beste eerste stap.

’n Toestand soos vaginisme kan ook ’n groot rol speel. Om die probleem te ignoreer of bloot te probeer voortgaan, kan dit vererger. Met die regte mediese en/of sielkundige ondersteuning kan die onderliggende oorsaak egter opgelos en behandel word.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.