On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday – Gemeenskap spring almal in om otter te red

───   16:00 Fri, 25 Sep 2026

Feel Good Friday – Gemeenskap spring almal in om otter te red | News Article
Die kleintjie het 'n week by die reddingsentrum aangesterk voordat hy na Alert Bay teruggekeer het. Foto verskaf

’n Hele gemeenskap is nodig om ’n kind groot te maak, maar in Alert Bay, Brits-Columbië, het dit ’n hele gemeenskap geneem om ’n ottertjie te red.

Gordon Mellish, afgetrede houtkapper en visserman, is ingelig oor drie otters wat in ’n visnet verstrengel geraak het. Hy het haastig daarheen gegaan en daarin geslaag om al drie te bevry. Twee van die kleintjies was ongedeerd, maar die derde een het nie beweeg nie.

Daar was geen hartklop nie en hy het met kardiopulmonale resussitasie begin. Hy het mond-tot-mond-asemhaling op die ottertjie toegepas. Hy het deur die jare tien mense se lewe op die water gered, maar nog nooit ’n otter nie. 

Gelukkig het die kleintjie weer begin asemhaal. Robin Quirk een van die inwoners het dadelik ’n skuiling gebou om die otter teen die son en roofvoëls te beskerm. Sy het vir hom ’n sagte plekkie gemaak om te lê en hom versorg tot professionele hulp opgedaag het. 

Die naaste reddingsentrum vir wilde diere was ’n lang rit en reis per veerboot ver. Sy het oornag die otter veilig in haar motor gehou. 

“Jy weet mos hoe ’n mens ’n baba vir ’n rit in die motor neem as hy nie wil slaap nie? Wel, die otter het die hele pad geslaap.” Die kleintjie het 'n week by die reddingsentrum aangesterk voordat hy na Alert Bay teruggekeer het. Gordon en Robin was teenwoordig toe hy weer in die natuur vrygelaat is.  

“Lewe is ’n lewe, ongeag wat dit is. Probeer jou bes om dit te red," sê Gordon. Soms beteken dit nie dat jy iets buitengewoons moet doen om 'n held te wees nie. Soms beteken dit bloot dat jy 'n lewe in nood sien en besluit dat dit saak maak.

Lees meer dg 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.