On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Staat appelleer teen Griekwastad-borguitspraak

───   06:08 Tue, 04 Sep 2012

Staat appelleer teen Griekwastad-borguitspraak | News Article
Mariné Jacobs

Griekwastad - OFM het verneem dat die staat gaan appelleer teen die borguitspraak van die minderjarige wat Maandag in die Griekwastad-landdroshof gehoor is.

Regter Spiwo Mazwi het borg van R5 000 toegestaan aan die 16-jarige seun en hom in die sorg van sy voog vrygelaat.

Nadat die staatsaanklaer JJ Cloete met die direkteur van Openbare Vervolging Maandag vergader het, het hulle besluit om teen die uitspraak te appelleer.

Die seun word beskuldig van die moorde op Deon, Christelle en Marthella Steenkamp wat in April vanjaar in die gesin se plaashuis doodgeskiet is.

Mazwi het Maandag gesê dat die belange en beskerming van die minderjarige kind die meeste gewig moet dra.

Nadat die borg toegestaan is, het die seun sy familie en vriende in die hof omhels.

Gemeenskapslede wat buite die hof saamgedrom het, het hul ontevredenheid met die uitspraak teenoor die media uitgespreek en baie het gesê dat die seun 'n gevaar vir die samelewing is.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.