On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Oord met R200 000 na kind se skokdood

───   12:09 Fri, 08 Mar 2013

Oord met R200 000 na kind se skokdood | News Article
Vanderbijlpark - Die Landdroshof in Vanderbijlpark het die Stonehaven-on-Vaal-oord met R200 000 beboet vir strafbare mansslag, nadat 'n vyf-jaar-oue seuntjie verlede jaar in Oktober langs 'n springkasteel doodgeskok is.

Die seuntjie, Ruan Pieterse, is dood nadat die kragtoevoer langs 'n springkasteel omgeval en op sy bene te lande gekom het toe hy probeer het om homself op te trek na 'n val.

Stonehaven-on-Vaal dirkteur, Rex Anderson, wat as die oord se regsverteenwoordiger opgetree het, het nalatigheid erken. Die koerant berig dat 'n forensiese ondersoek na die kind se dood die aardlek in die kragbord foutief was en dat daar deurlopend 'n elektriese stroom na die kragtoevoer was.

Sapa

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.