Local News
Dept. onthul skoksyfers van watervermorsing─── 08:38 Thu, 21 Mar 2013

Herstelwerk aan die land se verouderende en lekkende watervoorsieningstelsels sal miljarde rande kos, het die SAUK Donderdag berig.
Die minister van waterwese, Edna Molewa, het gesê van die bevindinge van 'n verslag is dat daar jaarliks van 1,58 miljard kubieke meter gelewerde water nie rekenskap gegee kan word nie.
Daar word geraam dat 37% van die water wat gelewer word, vermors word, teen 'n koste van meer as R7 miljard.
Die verslag is aangevra deur die Waternavorsingskommissie en gegrond op inligting van 132 munisipaliteite.
Volgens die verslag verloor klein munisipaliteite gemiddeld 73% persent van hulle water, middelslag munisipaliteite tot 41% en metrorade sowat 34%.
Die departement van Waterwese het intussen erken dat watertekorte in die meeste Vrystaatse dorpte te wyte is aan gebrekkige tegniese vaardighede.
Die direkteur van infrastruktuur-ontwikkeling, Ronald Gilmore, het gesê net drie dorpe in die provinsie het "blou-druppel" -status.
Dié toekenning is 'n aanduiding van watergehalte en -suiwerheid.
Gilmore het gesê die departement het planne ingestel om munisipaliteite by te staan.
Nuus24, SAUK