Local News
Vermeende moordenaars van Tony Teixeira Maandag terug in hof─── 16:53 Fri, 05 Apr 2013

Christopher Motabogi, Owen Kock
Welkom - Die borgverhoor van ses beskuldigdes wat aangekla word van die moord op die Welkomse-sakeman Tony Teixeira, is vandag in die stad se landdroshof verdaag waar dit Maandag sal voortgaan.
Die vyf mans en 'n vrou sal tot dan in aanhouding bly. Hulle word daarvan verdink dat hulle Teixeira op 14 Maart by sy huis in Naudeville ontvoer het.
Pieter Vorster, Mahlomola Dhladhla, Tsietsi Mara, Mosoatsi Tsemane, Elvis Nkhabu and Amelia Makoko is in hegtenis geneem kort nadat Teixeira se liggaam op 20 Maart langs Saaiplaasweg in Virginia gevind is.
Hy is in die kop geskiet en sy arms en bene was vasgebind.
Volgens die polisie is ‘n sewende verdagte steeds soek.