Vrou van Emoya-brandstigter verskyn weens bedrog
07:17 Thu, 12 Dec 2013
Vrou van Emoya-brandstigter verskyn weens bedrog | News Article
Alzane Narrain
Bloemfontein - Lianné Greyling, vrou van die Emoya-brandstigter, sal vandag weer in die Bloemfonteinse streekhof verskyn.
 
Sy staar 25 aanklagte van bedrog in die gesig. Die aanklagte spruit uit transaksies rakende motorfietse en luukse motors wat sy vir mense glo ingevoer het. Sowat R5,2 miljoen is betrokke.
 
Haar man, Jean, is onlangs vier jaar tronkstraf opgelê.
 
Hy het in Julie 'n konferensiesentrum op die Emoya-landgoed net buite Bloemfontein afgebrand, nadat sy troue daar gekanselleer is weens wanbetaling deur die bruidspaar.


Related Articles:


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal
Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more