On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Christiana-landbouers gryp in nadat betogers amok maak

───   SABRINA DEAN 10:40 Thu, 10 Apr 2014

Christiana-landbouers gryp in nadat betogers amok maak | News Article
Sabrina Dean
 
Christiana - Landbouers op Christiana in Noordwes moes gister vinnig ingryp toe betogers 'n sleepwa, wat beeste vervoer het, aan die brand gesteek het.
 
Die sleepwa is op die N12 agtergelaat nadat die bestuurder van die motor omgedraai het om die betogers, wat die pad versper het, te vermy. 
 
Chris Faure, van Christiana se georganiseerde landbou, sê die situasie is intussen vandag weer kalm.

Intussen is die naam van die tienerseun wat gister, tydens gewelddadige betogings in Christiana doodgeskiet is, nog nie bekend nie.
 
Die seun was glo deel van 'n groep betogers wat, op pad na die dorp, winkels in die gebied geplunder het.
 
Die eienaar van 'n kroeg het na bewering op die groep geskiet en die seun is noodlottig gewond.
 
Twee ander is in die skietery beseer.
 
Inwoners van die buurdorp, Boitumelong, het verlede week met gewelddadige diensleweringsbetogings begin.
 

Podcasts

Chris Faure, van Christiana se georganiseerde landbou:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.