Local News
Brand vernietig Bloemfonteiner se erfgoed─── 19:31 Wed, 30 Jul 2014

Duane Petrus
Bloemfontein - ‘n Pensioentrekker van Bloemfontein het talle items met sentimentele waarde asook toerusting verloor toe sy motorhuis Woensdagmiddag afgebrand het.
Die 56-jarige Chris Nel, van Drakensberglaan in Langenhovenpark, sê hy vermoed die brand het ontstaan as gevolg van ‘n vonk wat op ‘n stuk hout geval het terwyl hy besig was met sweiswerk.
Nel, wat ook ‘n lid van die Bainsvlei-gemeenskapspolisiëringsforum en die gebied se brandspan is, sê hy en sy werkers het blitsig tuinslange en ‘n brandblusser gegryp terwyl hulle op die brandweer gewag het.
Hy sê al sy erfgoed is daarmee heen.
Chris Nel: