On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

LUISTER: Ooggetuie vertel oor Welkom-ontploffing

───   KARIEN JORDAAN 12:27 Sun, 22 Mar 2015

LUISTER: Ooggetuie vertel oor Welkom-ontploffing | News Article

Welkom - 'n Matriekmeisie, Megan Lesch, vertel aan OFM-nuus hoe sy gister se ontploffing in Welkom beleef het.

Tussen 150 en 200 huise is na raming beskadig in gistermiddag se metaangas-ontploffing in Welkom.
 
Die stad se nooddienste se Francois Klaassen sê die ontploffing, omstreeks 17:30, is veroorsaak deur die opbou van metaangas wat deur 'n vonk ontsteek is. Klaassen sê die meeste van die skade was in Jan Cillierspark, Doorn en Sandania. Ruite het gebars, plafonne het uitgeval, mure het gekraak en toilette het gebreek.
 
Klaassen sê werkers was besig om die skag te rehabiliteer toe die voorval plaasgevind het.
 
Karien Jordaan/OFM-nuus

Podcasts

Megan Lesch:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.