On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Macufe-organiseerder se Ferrari bots in Bloemfontein

───   MJ LOURENS 14:37 Tue, 06 Oct 2015

Macufe-organiseerder se Ferrari bots in Bloemfontein | News Article

Bloemfontein - Die hoof-organiseerder van die Macufe-fees in Bloemfontein het met sy Ferrari in Heuwelsig in die stad gebots.

‘n Foto van die bloedrooi vuurwa, wat teen ‘n heining tot stilstand gekom het, is vanoggend op sosiale netwerke versprei.

OFM-nuus verneem Ben Moseme het omstreeks 07:30 vanoggend in Henry Faganstraat teen die heining vasgery. Hy het bevestig dat hy op pad was na ‘n gimnasium in die stad, toe die ongeluk plaasgevind het.

Volgens hom het die motor, wat sowat R4.8 miljoen nuut kos, koolstofveselremme. Die remme moet glo opgewarm word.

Volgens Moseme het hy baie motors en het hy vergeet van die remme wat opgewarm moet word, en beheer daaroor verloor. Die Ferrari het ‘n heining en kragboks getref en verskeie huise in die omgewing se krag was gevolglik deur die loop van die dag af.

Moseme was tydens die telefoniese onderhoud ongeërg oor die voorval, en sê 'n motor is vir hom bloot ‘n materiële voorwerp. ‘n Foto van die motor wat teen ‘n heining gebots het, is vanoggend op sosiale netwerke versprei. 

MJ Lourens/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.